Rotasie van bestaande kuns in my huis.

Meeste mense is huiwerig om kuns te roteer…maar dit is vir my persoonlik die lekkerste ding. Sodra ‘n kunswerk na ‘n ander vertrek verskuif word, speel die nuwe spasie en beligting ‘n groot rol.

Die kunsstuk kry te ware weer nuwe lewe. Jy sien dit op ander tye van die dag waar daglig ‘n groot rol speel of in ander gevalle kunsmatige atmosfeer beligting.

Kombinasies van verskillende stukke saam gee ook weer ‘n nuwe inpak. Waar werke mekaar komplimenteer op een muur, skep ook ‘n nuwe atmosfeer in die vertrek.

En die beste van alles is…Jy het gewoonlik na so ‘n sessie weer ‘n nuwe oop spasie om te vul!!!

As jy advies nodig het ten opsigte van rotasie van huidige kuns, kontak my gerus en boek jou afspraak!

Ilze du Preez 083 449 2132 | ilze@showroomart.co.za

Uitroepfooi R450.00

Installasie van kuns – R50.00 per skildery

Share on facebook
Share on google
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on print
Share on email