Hoekom moet jy by ‘n galery koop?
Ek onthou soos gister my eerste skildery wat ek as jong meisie gekoop het. Ek het so volwasse en ryk gevoel om daai een… daai een wat met jou praat te kies.
Hoe hy van die muur afgehaal is, versigtig verpak is en hoe hy op die ouend nie in my 1982 Golf se kattebak wou pas nie.
Jare later is dit vir my steeds so lekker om die blink in elke koper se oog te sien as hy/sy verlief raak op die kunsstuk.
Ek is van mening dat die galery beslis bydra tot die hele ervaring wat jy as koper het…positief of moontlik negatief?…
Die keuse wat jy het tussen 50, 80, 100 stukke wat tegelyk uitgestal word is ‘n voorreg en gemoedrus dat jy die beste een gekies het. Die regte beligting wat standaard in ‘n kunsgalery is, gee jou ook die geleentheid om die kunswerk tot sy volle potensiaal te aanskou.
In vandag se dae hoor mens al meer van aanlyn ‘scams’. Iets wat gekoop en betaal wat soms nooit bestaan het nie. Niks kan verkeerd gaan as jy hom onder jou arm uitdra nie 😊.
Die kurator is nie self die kunstenaar nie, en sal nie persoonlik bevooroordeeld wees teenoor die kliënte se keuse van smaak nie. Dit is dan ook die verkoops personeel se plig om die kliënt te help om ‘n ingeligte besluit te maak!